
Ek wil een stad bou, met pleine, geboue en mense
Ek wil een stad bou, met parke, galerye en monumente
Ek wil een stad bou, met paaie, gange en moltreine
Ek wil een stad bou, met fonteine, bakstene en koffiehuise
Ek wil een stad bou, met families, boerekroege en kleuterskole
Ek wil een stad bou, met frontcovernews, bonbon-fabrieke en
kraakgroen tuine en breë trappe en lae muurtjies en groot openbare geboue met koel halle en kletterende watertjies en
groot skryfhalle met baie papier en dop en
groot bedde vir iedereen en baie kos vir armes
en groot vroue vir die man die uitsien.
So, wil jy meebou aan my stad?



